AfriForum se Witrivier-buurtwag ontvang mediese opleiding


Vier lede van die AfriForum-buurtwag in Witrivier het onlangs vlak 1-noodhulpopleiding voltooi. Hierdie lede kan nou tydens noodsituasies basiese mediese bystand bied.

“Die buurtwag wil die gemeenskap bystaan en ons is oortuig dat hierdie noodhulpopleiding ons in staat sal stel om die beste moontlike bystand aan gemeenskapslede te lewer,” sê Attie Marais, lid van AfriForum se Witrivier-buurtwag.
“Een van die buurtwaglede wat gevorderde mediese opleiding het, het onlangs vir Gavin Wingrave bygestaan nadat hy tydens ’n plaasaanval ernstig aangerand is. Die ambulans se reaksietyd is weens die ligging van die plaas vertraag en die buurtwaglid se bystand was lewensbelangrik,” sê Hennie Bekker, distrikskoӧrdineerder vir Mpumalanga.
“Die buurtwag sal ook opvolgopleiding ontvang om hul vaardighede op te skerp en verdere lede sal opgelei word,” sê Johan Pelser, lid van die Witrivier-buurtwag.

Raak vandag in jou gemeenskap betrokke deur “Buurtwag” te SMS na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings