| |

AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG VERKEN GEBIED MET HOMMELTUIG

AfriForum se Witrivier-buurtwag het op 20 Februarie die vleie in Witrivier met ’n hommeltuig verken.

Die doel van dié projek is om die gebied te verken en moontlike voetpaaie en wegkruipplekke aan te teken sodat lede met voetpatrollies hierdie gebiede kan deursoek.

Inbrekers gebruik hierdie roetes gereeld om vinnig te verdwyn ná inbrake en steek die gesteelde goedere ook in die vlei-areas weg. Lede kan dus nou die inligting gebruik om meer suksesvol op te tree in die stryd teen misdadigers.

Tydens die verkenning is daar nie net verskeie wegkruipplekke gevind nie maar selfs tydelike wonings waar misdadigers moontlik kan bly en hul misdrywe beplan.

“Hierdie tegnologie maak dit vir ons moontlik om inligting in te win sonder om ons lede onnodig in gevaarlike gebiede in te stuur,” sê Johan Joe Pelser, leier van die Witrivier-buurtwag.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Raak betrokke by jou naaste AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings