|

AfriForum se Witrivier-tak plant bome

AfriForum se tak in Witrivier het op 14 Oktober spekbome geplant by skole in Witrivier. Dit vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantprojek.

Daar is 16 bome by Laeveld Akademie geplant en agt bome by Kaalvoetjies Kleuterskool. Die doel van dié projek is om inheemse bome met lugsuiweringskwaliteite te plant om die omgewing te verbeter.

“Om ’n boom te plant, is nie net ’n poging om na die omgewing te kyk nie; dit is ook ’n manier om voorsiening te maak vir toekomstige geslagte en ’n trotse nalatenskap te los,” sê Dawie Ruthven, ondervoorsitter van AfriForum se Witrivier tak.

Soortgelyke plasings