AfriForum se Worcester-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwag in Worcester het op Vrydag 19 Oktober 2018 in samewerking met die plaaslike verkeersafdeling, ER24, plaaslike insleepdienste, AC Security, Capital Security, die gemeenskappolisiëringsforum (GPF) en gemeenskapslede aan ’n nasionale massapatrollie deelgeneem. Die patrollie het omstreeks 20:00 begin en tot 6:00 die volgende oggend geduur. Die doelwit van AfriForum se nasionale patrollies is om polisiëringsigbaarheid in gemeenskappe op te skerp.

Altesaam 38 patrolleerders het ’n totaal van 788 km in 185 manure met 24 voertuie afgelê. Geen ernstige misdaadvoorvalle is aangemeld nie.

“Hierdie patrollie is vir ons ’n aanuiding dat die Wocester-buurtwag tot groot dinge in staat is. Die buurtwag beplan reeds om in die toekoms addisionele projekte in samewerking met ander rolspelers en veilgheidsinstansies aan te pak en ons glo dat hul sukses met proaktiewe misdaadbekamping en die bevordering van veiligheid sal voortduur,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir Gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos-, en Wes-Kaap.

Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig: SMS “Veilig” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings