AfriForum se Zambesi-tak ontvang herhaler vir radionetwerk


AfriForum se Zambesi-tak in Pretoria het pas ’n herhaler vir hul radionetwerk ontvang.

“Hierdie is ’n belangrike funksie waarsonder die buurtwag nie suksesvol kan funksioneer nie. Om doeltreffend binne ’n buurtwag te kommunikeer is van kritieke belang en nou dat die buurtwag oor die herhaler vir hul radionetwerk beskik, kan hul verder uitbrei,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng.

De Klerk wil lede van die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by die plaaslike buurtwag en sodoende die veiligheid van inwoners bevorder. Doen dít deur “Buurtwag” te SMS na 45341 (R1) of ’n e-pos te stuur na lambert@afriforum.co.za en maak só ’n verskil in jou gemeenskap.

Soortgelyke plasings