|

AfriForum se Zeerust-buurtwag verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Zeerust-buurtwag het op 8 November 2019 in samewerking met die Vergenoegd-plaaswag aan die burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidsaksie deelgeneem.

AfriForum het op 30 Oktober 2019 ’n nasionale projek van stapel gestuur om buurtwagsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting oor die komende feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur inwoners met hoë sigbaarheidsaksies gerus te stel en te beveilig.

Die Zeerust-buurtwag en Vergenoegd-plaaswag het van 20:00 tot 00:00 in skofte gepatrolleer en 20 voertuie het 589 km tydens dié patrollie afgelê.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum se buurtwagte sal daarom klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

“Aksies soos hierdie bevorder samewerking tussen verskillende rolspelers. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem en die SAPD binne die raamwerk van die wet ondersteun om hul omgewings te beveilig,” sê Pierre van der Walt, voorsitter van AfriForum se Zeerust-buurtwag.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings