AfriForum in Secunda help padveiligheid bevorder


Die AfriForum-tak in Secunda het gedurende die afgelope langnaweek spoedhobbelwaarskuwingstekens, ’n toegeeteken asook stoptekens in verskeie areas van die dorp opgerig. Hierdie projek is deur die tak geloods as gevolg van padveiligheidsrisiko’s wat bestaan omdat verkeerstekens nie deur die Govan Mbeki Munisipaliteit onderhou word nie.

“Dit is lekker om ’n verskil in ons gemeenskap te kan maak, maar ons het nodig dat meer mense betrokke raak deur by AfriForum aan te sluit,” sê Hennie Pretorius, AfriForum se takvoorsitter in Secunda.
“Ons kan nie terugstaan en kyk hoe padveiligheid geen prioriteit geniet nie. AfriForum is hier om ‘n verskil te maak in ons gemeenskappe en sal dit aanhou doen deur soortgelyk projekte deur die loop van die jaar te loods,” voeg Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, by.

Soortgelyke plasings