| |

AfriForum sit immuniteitsprojek in Suid-Kaap voort

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy Wes-Kaapse immuniteitsprojek vroeër in Mei in die Kaapse metropool afgeskop en op 21 Mei na die Suid-Kaap uitgebrei. Nartjies is, soos in die Overstrand, aan verskeie ouetehuise en aftree-oorde geskenk. AfriForum is ook besig met dié inisiatief in ander provinsies in Suid-Afrika.

“Met dié projek wil ons mense bewus maak van die voordele wat vitamien C vir jou immuunstelsel inhou. Ons het besluit om op bejaardes te fokus, aangesien hulle die kwesbaarste persone is om COVID-19 op te doen en moeilik van dié siekte herstel,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Daar is op ouetehuise en afree-oorde in Calitzdorp, Oudtshoorn, George, Hartenbos en Stilbaai gefokus. AfriForum beplan om die projek binne sy vermoë na ander gebiede in die Suid-Kaap uit te brei.

Hierdie projek is moontlik gemaak deur ruim skenkings wat vanuit die Langeberg-distrik ontvang is. Altesaam 2 ton nartjies is reeds geskenk.

Raak vandag nog by hierdie projek betrokke: Stuur ’n e-pos na arno.greyling@afriforum.co.za.

Foto 1: David Olivier (AfriForum se koördineerder vir die suidstreek vir Gemeenskapsake) laai nartjies by Rosemore Tehuis vir Bejaardes in George af.
Foto 2: V.l.n.r: Marius Venter (voorsitter van AfriForum se George-tak) en David Olivier AfriForum se koördineerder vir die suidstreek vir Gemeenskapsake).
Foto 3: V.l.n.r: David Olivier, Colleen Fourie (bestuurder van die Bellinghamhof Tehuis vir Bejaardes in Oudtshoorn), Arno Greyling (AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap).

Soortgelyke plasings