| | |

AfriForum skenk handreiniger aan ouetehuise in Bethlehem en Paul Roux

AfriForum se Bethlehem-tak het op 16 en 17 April 2020 handreiniger aan ouetehuise in Bethlehem en Paul Roux geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Altesaam 250 botteltjies (88 liter) is aan die tehuise geskenk.

Die handreiniger is aan die Sonskyn-dienssentrum, Huis Bergprag, Residentia-aftreeoord en Skemervreugde Sentrum vir bejaardes geskenk.

Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename in die gebruik van mediese voorraad nie. Die personeel en inwoners van die instansies wat handreiniger ontvang het, was baie dankbaar vir dié skenking.

“Dit is ’n voorreg dat ons die dorp se bejaardes, wat vir ons baie belangrik is, in hierdie tyd kan ondersteun. Ons het ook groot waardering vir die personeel wat na hulle omsien – daarom het ons graag die skenking gemaak om ook hulle veiligheid te verseker. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Soortgelyke plasings