| | |

AfriForum skenk hulppakkette aan kleuterskole

Die AfriForum-tak in Bethal het op 6 Julie 2020 in samewerking met AfriForum Onderwys skolehulppakkette aan Wonderland Kleuterskool en Oppieplaas Kleuter Akademie geskenk. Elke pakket bevat handreiniger, ’n termometer en ’n handreinigerstaander, en help skole om ooreenkomstig met die regulasie te heropen.

Meer as 60 hoër- en laerskole in Mpumalanga is die afgelope twee maande van soortgelyke pakkette voorsien. Die waarde daarvan beloop al meer as R300 000. Met hierdie ronde skenkings is daar spesifiek op kleuterskole gefokus.

“Die inperking het uiters nadelige gevolge veroorsaak en sake vir skole bemoeilik. Ons is dankbaar om skole op dié wyse te kan help om volgens die voorgeskrewe regulasies te heropen,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by dié en ander soortgelyke projekte betrokke te raak. Sluit by AfriForum se Bethal-tak aan: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings