|

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes

AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief na die Helderbergkom uitgebrei nadat die organisasie hierdie projek in Mei in die Kaapse metropool van stapel gestuur het. 800 kg nartjies is aan 1 600 bejaardes in verskeie ouetehuise en aftreeoorde in Somerset-Wes en Strand geskenk.

Daar is veral gefokus op ouetehuise, aftreeoorde en ander instansies in Somerset-Wes en Strand wat na bejaardes omsien. Nartjies is onder meer aan Huis Pam Brink, Huis Esperanza, Huis Altena, Huis Soeterus, Huis Jan Swart, Huis Marie Louw, Huis van Niekerk en Helderberg Society for the Aged geskenk.

“Hoewel daar geen bewyse bestaan dat COVID-19 of verkoues heeltemal deur vitamien C verhoed kan word nie, dra dit by tot beter immuniteit deur verskeie funksies van die immuniteitstelsel te ondersteun,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

AfriForum beplan om hierdie inisiatief binne sy beskikbare middele na ander voorstede in die metropool, asook ander dorpe in die provinsie uit te brei. Stuur ’n e-pos na johardt.vanheerden@afriforum.co.za om by hierdie projek betrokke te raak.

Soortgelyke plasings