|

AfriForum skenk voer aan Bo-Karoo-boere in nood

Die AfriForum-tak in die Bo-Karoo het gedurende die afgelope maand twee vragte voer van ongeveer 30 ton elk aan boere van die Hopetown- en Vosburg-omgewing geskenk en versprei in samewerking met die Douglas Jongboervereniging.

Die boere in hierdie gebiede het onder ’n lang droogte gebuk gegaan en is daarna getref met brande wat groot gedeeltes veld verwoes en vee doodgebrand het.

Altesaam 17 boere is geraak nadat ongeveer 32 000 ha afgebrand het. Vyf boere se velde het heeltemal afgebrand met verliese van 35 grootvee, sewe kleinvee en 140 stuks wild.

Magdaleen Kleynhans, voorsitter van die Bo-Karoo-tak, sê dat die gemeenskap goed saamgewerk het tydens die brande maar dat dorpe in die streek nouer moet saamwerk om voorkomend te kan optree en nog beter voorbereid te wees.

Sluit vandag nog by AfriForum se Bo Karoo-tak aan: SMS “Bo-Karoo” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings