|

AfriForum skep hoop in Orania tydens boomplantmaand

Die AfriForum-tak in Orania het tydens boomplantmaand Nova-nartjiebome en amandelbome aan die Gannabos Behuising in dié dorp geskenk.

Die doel van AfriForum se boomplantmaandprojek is nie net om die omgewing te verbeter nie, maar ook om hoop te skep vir toekomstige generasies.

Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, is dié projek deel van ’n poging om ons nageslagte se toekoms te verseker. “In die onsekere tyd waarin ons leef – veral te midde van die COVID-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaardgaan – is dit veral goed om die begin van ’n nuwe seisoen met só ’n projek te kan vier. Om vanjaar ’n boom te plant, gee vir ons hoop vir die toekoms. Dié bome gaan ’n simbool van oorlewing wees.”

AfriForum bou vanjaar voort op sy boomplantmaandprojek en sowat 140 AfriForum-takke landwyd gaan poog om altesaam 2 500 bome deur die loop van die maand te plant.

“Hierdie bome moet versorg word om te verseker dat hulle sal floreer sodat ons kinders ook eendag hierdie opbrengste kan geniet. Die inwoners van Gannabos het onderneem om elkeen ’n boom aan te neem en te versorg,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo

Raak vandag nog by AfriForum se Bo-Karoo-tak betrokke en maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings