|

AfriForum skop die 2016 Superrugby-toernooi af met Superbru-wedstryd

Deur: Jhua-nine Wyrleyburch

Die burgerregte-organisasie AfriForum bied vanjaar weer ’n Superbru-westryd aan wat vir deelnemers die geleentheid gee om die wenners van die 2016 Superrugby-toernooi te voorspel.

Dit volg op AfriForum se 2015 Superbru-wedstryd wat vir die wenner Dave van Staden R10 000 besorg het.

AfriForum gaan weer vanjaar kragte saamsnoer met die voertuigopsporingsmaatskappy, Ctrack, om die wedstryd aan te bied.

Die Superbru-wedstryd behels dat ’n groep mense vir elke Superrugby-wedstryd die wenspan met punteverskil moet aanwys. Op die manier kan deelnemers punte verdien om uiteindelik R10 000 in te palm.

Stef Potgieter, organiseerder van die wedstryd, moedig alle rugby-aanhangers aan om deel te neem. “Toets jou rugbykennis teen ander lede van die publiek. Dit gaan hope pret wees.”

Die eerste prys is R10 000 van die hoofborg Ctrack. Die tweede en derde pryse is wegbreeknaweke na die vakansieoorde Kokoriba en Aan de Vliet. Kokoriba is sowat 120 km vanaf Pretoria en Aan de Vliet is 15 km vanaf die Krugerwildtuin.

Christo Brits, projekkoördineerder, het gesê  Afriforum is verheug  oor die wye belangstelling wat daar verlede jaar was. “Meer as 8 000 entoesiastiese deelnemers het verlede jaar aan die Superbru-wedstryd deelgeneem. Hulle wou almal weet of dit vanjaar weer aangebied gaan word.

Leomar van Schalkwyk, wat verlede jaar deelgeneem het aan die wedstryd, sê dat Superbru vir hom die geleentheid gee om die  Superrugby-toernooi op ’n interaktiewe manier te geniet.

Deelnemers moet voor die aanvang van die eerste wedstryde op 26 Februarie inskryf. Dit sal tot Augustus duur.

Kom speel saam die Superrugby se AfriForum Superbru groep en slaan groot pryse los. Volg die volgende skakel om aan te sluit:http://www.superbru.com/superrugby/pool.php?p=11499309.

Soortgelyke plasings