AfriForum skop sy monumentoudit in Maart af

Waarom doen ons dit en wat kan jy doen?

AfriForum wil graag hul lede en die gemeenskap bewus maak van die monumente en gedenkwaardighede wat in elke dorp en stad aangetref word.

Gemeenskappe is dikwels onbewus van monumente wat in hulle eie dorp aangetref word en baie mense het dit nog nooit besoek nie. Daarom is dit belangrik dat ons weer die dorpe se erfenisverhale vertel en mense inlig waar monumente aangetref kan word.

Ons moet weer ’n gevoel van trots onder oud en jonk kweek. Dis belangrik dat ons die erfenis van ons land bewaar vir ons nasate en al die geslagte ná hulle.

Dit kan slegs gebeur as ons eienaarskap neem en self die monumente in stand hou om ons erfenis te behou. Selfdoen is beter as niksdoen.

’n Evaluering van die toestand van elke monument moet gedoen word en waar nodig moet die nodige persone gekontak word om herstelwerk aan die monumente te doen. Waar herstelwerk nodig is, moet daar eers met die Erfenisstigting gekonsulteer word voordat dit gedoen word.

Soortgelyke plasings