AfriForum spreek Kakamas se rioolprobleem aan


AfriForum het in Augustus vanjaar verskeie klagtes oor rioolprobleme in Kakamas van lede ontvang.
’n AfriForum-verteenwoordiger en ’n verteenwoordiger van die departement van water en sanitasie het Kakamas besoek en die probleem ondersoek.

“Ons kon duidelik sien dat die riooldamme se vermoë nie groot genoeg is om dié dorp se riool te hanteer nie. Dit skep ’n groot gesondheidsrisiko vir alle inwoners en diere,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

Louw sê voorts dat die Kai !Garib Munisipaliteit vir die rioolprobleem aanspreeklik gehou moet word en dat hulle  die gebied rondom die rioollekke baie dringend moet rehabiliteer. AfriForum het ’n brief in dié verband gestuur aan Gilbert Lategan, die munisipale bestuurder, maar tot op hede geen antwoord daarop gekry nie.
Die departement van water en sanitasie sal ’n rioolverslag opstel en aan die munisipaliteit stuur. AfriForum gaan ook ’n brief stuur aan Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, om haar op hoogte van die rioolprobleme in Kakamas en Upington te hou.
Indien die munisipaliteit versuim om op te tree, sal die burgerregtewaghond regstappe oorweeg.
Wys jou steun vir die projek en sms “Kakamas” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings