AfriForum Standerton-buurtwag help polisie met vyf arrestasies


AfriForum se Standerton-buurtwag het op 30 Augustus 2018 deelgeneem aan ’n sigbaarheidsoperasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) waartydens vyf arrestasies plaasgevind het en waarvan vier van die vyf verdagtes in besit was van dwelms en een gearresteer is vir bestuur onder die invloed van alkohol.
Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag, sê dat sigbaarheidspatrollies ’n wesenlike verskil in dorpe maak en hy moedig die gemeenskap aan om meer betrokke te raak.

Soortgelyke plasings