AfriForum stel eerste voltydse nooddiensvoertuig in Bloemfontein bekend


Die burgerregte-organisasie AfriForum het amptelik op 9 Julie 2017 hul eerste voltydse nooddiensvoertuig in Bloemfontein bekend gestel.
Dié voertuig is deel van die AfriForum 911-nooddiens wat deur vrywillige paramedici beman en deur Netcare 911 toegerus word.

“Die voertuig sal nie net vir AfriForum-lede beskikbaar wees nie, maar ook vir die publiek. Hierdie is ’n inisiatief vir die gemeenskap en ons wil graag help waar dit moontlik is. Daar sal geen kostes wees sou ons voertuig na ’n pasiënt toe uitgaan nie, maar daar sal wel kostes wees sou die pasiënt per ambulans na ’n hospitaal vervoer moet word,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
“AfriForum sal hierdie soort samewerking met nooddienste voortsit om gesamentlike dienste te lewer. Hierdie voertuig is ’n simbool van ’n gemeenskap wat hul eie vermoë skep om nie net te beveilig nie, maar ook om ander in tye van nood te help,” sluit Myburg af.

Raak vandag betrokke: SMS “Veiligheid” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings