|

AfriForum stel kontrakteur aan om diens te lewer

AfriForum se Sannieshof-tak het op 17 November 2021 ’n privaat kontrakteur aangestel om dreine te suig nadat die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit versuim het om hierdie basiese diens te lewer.

Die Sannieshof-gemeenskap het soos verskeie ander dorpe in Noordwes heelwat probleme. Die gemeenskap het die organisasie egter genader nadat die dreine vol was en die riool in die strate gevloei het om die nodige reëlings te tref om die probleem op te los.

“Die kontrakteur het op 17 November begin om die eerste dreine te suig en ons is baie dankbaar vir ons lede wat dit vir ons moontlik maak om die gemeenskap op die manier te kan ondersteun. AfriForum is veral bekommerd oor dienslewering op plattelandse dorpe wat al hoe meer agteruit gaan,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die inwoners wat oorvol dreine gehad het, het hul huisadresse aan AfriForum gestuur sodat die privaat kontrakteur dié dreine kon leeg suig. Dié swak dienslewering van die munisipaliteit veroorsaak ’n groot gesondheidsrisiko vir mens en dier. AfriForum sal druk op die munisipaliteit toepas om hulle verantwoordelikhede teenoor die gemeenskap wat vir dienste betaal na te kom.

Word deel van die oplossing deur by AfriForum aan te sluit: SMS “Sannieshof” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings