AfriForum stel plaasveiligheidsassessering bekend


Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag die eerste weergawe van dié organisasie se plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in landelike gebiede om hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landwyd sedert die begin van 2018.

“Hierdie praktiese assessering bied ’n instrument aan die landelike gemeenskap om te meet hoe veilig hulle is en ook wat hulle kan doen om veiliger te wees. Dit beteken nie dat diegene wat aan die maatreëls voldoen glad nie meer ’n risiko het nie, maar dié maatreëls kan beslis help,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“Om proaktiewe maatreëls te implementeer kan help om verdere aanvalle te voorkom,” sê hy. Cameron meen dat ons reeds die helfte van die stryd kan wen deur voorbereid te wees en seker te maak dat elkeen doen wat hul kan om veiliger te wees.
“Ons moet onsself afvra of die regering se stilswye oor plaasmoorde hulle nie aandadig maak nie? Ons kan self egter nie net terugsit en niks doen nie; ons moet elke moontlike manier gebruik om mense veiliger te maak,” sê Cameron.

Die assessering kan bekom word deur ’n versoek te stuur na veiligheid@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings