AfriForum stig Ant’s Hill-plaaswag


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 25 Maart 2019 ’n plaaswag op Ant’s Hill – wat naby Ellisras in die Waterberg-distrik geleë is – gestig. Dít volg nadat die gemeenskap hul behoefte uitgespreek het om hulself te organiseer en teen misdaad in die omgewing te mobiliseer.

Die plaaswag het ook veiligheidstoerusting ontvang, wat twee koeëlvastebaadjies insluit. Die plaaswag sal by AfriForum se Ellisras-tak inskakel en vorm deel van drie ander bestaande veiligheidstrukture, naamlik die Matlabas-Noord-, die Matlabas-Suid- en die Ellisras-buurtwag.

“Die doel van die nuwe plaaswag is om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.
“Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons plaaswag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan die geveg teen misdaad nie langer alleen op die skouers van ons polisie laat rus nie, ons moet self betrokke raak,” sê Heindrich Engelbrecht, voorsitter van die Ant’s Hill-plaaswag.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Plaaswag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings