|

AfriForum stig buurtwag in Centurion

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 Oktober ’n buurtwag in Centurion gestig. Dié buurtwag – wat deel van AfriForum se Centurion-tak vorm – gaan saam met veiligheidsinstansies en die SAPD werk om misdaad te help bekamp en voorkom.

Die buurtwagbestuur bestaan uit André de Bruyn (buurtwagvoorsitter) en Stefan Smits (buurtwagkoördineerder).

“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om by die buurtwag betrokke te raak sodat ons ’n veilige omgewing vir inwoners kan skep. Goeie samewerking met die SAPD en ander rolspelers kan ’n wesenlike verskil maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van die buurtwag. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad slegs op die skouers van die polisie laat rus nie; ons moet sélf betrokke raak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Lede wat by die buurtwag aansluit, sal onder meer opleiding ontvang in verskeie modules wat op buurtwagte fokus. AfriForum bied ook deurlopende opleiding aan dié organisasie se buurtwaglede om te verseker dat hulle binne die raamwerk van die wet optree. Buurtwaglede het tydens die COVID-19-pandemie telematiese opleiding ontvang.

E-pos sampie.steinberg@afriforum.co.za of jp.nel@afriforum.co.za om by die Centurion-buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings