|

AfriForum stig buurtwag in Glentana

AfriForum het op 17 Mei ’n buurtwag in Glentana gestig. Hendrik Visser sal dien as buurtwagleier met Elma Visser, Tiaan Boshoff, Cobus Huisamen en Daniel Thiele op die bestuur van die buurtwag.

Volgens Hendrik Visser kan die beveiliging van ’n gebied nie in silos bedryf word nie en die Glentana-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van AfriForum se plaaslike strukture. AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers moet saamwerk aan ’n gemeenskaplike doel en ons vat graag hande met die groter gemeeskap van Mosselbaai en omliggende areas om dit te beveilig.

“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n buurtwaglid toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê. Ons het ’n uitgebreide opleidingsprogram en sal dus spoedig daarmee afskop,” sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings