|

AfriForum stig buurtwag in Groot-Brakrivier

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het op 24 Maart ’n buurtwag in Groot-Brakrivier gestig. Dit volg ná inwoners van Groot-Brakrivier na aanleiding van die stygende misdaadsyfer in die Suid-Kaap versoek het dat ’n buurtwag gestig word. Die dertig gedragskodes wat benodig word alvorens ‘n buurtwag gestig mag word, is ingesamel en dus kon die buurtwag gestig word.

Die bestuur bestaan uit Johan Scheepers (buurtwagleier), Marius van der Berg (spanleier: operasies), Theresa Behrens (spanleier: steun), Ronald Hacouebord (spanleier: inligting). Inwoners wat graag by hierdie AfriForum-buurtwag betrokke wil raak, is welkom om vir Scheepers te kontak by 083 460 0383.

“Ek is bly dat hierdie buurtwag gestig kon word. Dit is baie lekker as die gemeenskap besef dat hulle vir hulle eie veiligheid verantwoordelikheid moet neem en nie alles aan die SAPD, wat ook nie die nodige hulpbronne en mannekrag het, moet oorlaat nie. Ek glo dat die AfriForum-buurtwag baie goed sal saamwerk met ander plaaslike veiligheidsrolspelers,” sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Mosselbaai-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Mosselbaai” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings