|

AfriForum stig buurtwag in Swellendam

AfriForum het op 6 Julie 2022 ’n buurtwag in Swellendam gestig. Jean Heath sal dien as buurtwagleier met Wally Walters, Chris Plomaritis en Estelle Walters op die bestuur van die buurtwag.

Volgens Heath kan die beveiliging van ’n gebied nie in silo’s bedryf word nie en die Swellendam-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van ander AfriForum-strukture. “AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers moet saam werk aan ’n gemeenskaplike doel en ons vat graag hande met die groter gemeenskap van Swellendam en omliggende gebied om dit te beveilig,” sê Heath.

“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n buurtwaglid toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en om goeie besluitneming aan die dag te kan lê. Ons het ’n uitgebreide opleidingsprogram om ons buurtwagte juis hiermee toe te rus en sal dus spoedig daarmee afskop,” sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings