AfriForum stig buurtwag in Lydenburg


AfriForum het aan die begin van Maart vanjaar ’n buurtwag in Lydenburg gestig. Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede die behoefte uitgespreek het dat ’n AfriForum-buurtwag gestig moet word om die toenemende gevalle van misdaad in Lydenburg op gemeenskaplike front hok te slaan.
Die buurtwagbestuur bestaan uit Erich Venter (buurtwagvoorsitter), Andrew Burger (operasionele voorsitter) en Lizette le Roux (sekretaris), en vorm deel van die groter AfriForum-takbestuur in Lydenburg wat deur die takvoorsitter Erich Venter gelei word.

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Lydenburg is. AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie van goeie dissipline en goeie samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die veiligheid van die gemeenskap is in goeie hande,” sê Venter.

Hoewel daar reeds verskeie veiligheidstrukture in die Lydenburg-omgewing is, word daar reeds gesprekke tussen AfriForum en ander rolspelers gevoer om samewerking in die geveg teen geweldsmisdaad te bevorder.
Die gemeenskap kan by Lydenburg se AfriForum-buurtwag aansluit deur “Lydenburg” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings