AfriForum stig Keimoes-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Donderdag 5 Mei 2018 ’n nuwe tak in Keimoes gestig.
Die takbestuur bestaan uit: Kobus Pol (voorsitter), Tommy Saunders (ondervoorsitter), Diria de Klerk (tesourier), Meisie Pool (sekretaris), Ria Human (gemeenskapsveiligheid), Truda Turner (omgewingsake) en Paul Jooste (plaaslikeregeringsake).

“Ons is baie opgewonde oor hierdie dinamiese tak en weet dat hulle die gemeenskap tot die beste van hul vermoë gaan dien,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

Om by AfriForum se Keimoes-tak betrokke te raak, SMS “Keimoes” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings