AfriForum stig Koster-Millvale-buurtwag


AfriForum het in Februarie 2018 ’n buurtwag in die Koster-Millvale-gebied gestig. Dit volg nadat die gemeenskap die behoefte uitgespreek het om hul woongebied te beveilig.

“Dié buurtwag sal daarop fokus om proaktief op te tree, saam met ander veiligheidsinstellings en die SAPD te werk, en spesifiek plaasaanvalle te probeer hokslaan,” sê Kobus Bekker, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Koster-Millvale-tak.
“Die gemeenskap is vuur en vlam om hul gebied te beveilig en self verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid te neem. AfriForum moedig die gemeenskap aan om by veiligheidstrukture aan te sluit sodat elke inwoner vry, veilig en voorspoedig kan leef,” sê Charné Blignaut, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot-Marico.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Buurtwag” na 45340 (R1) te SMS.

Soortgelyke plasings