AfriForum stig Moreletapark-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 27 November 2017 ’n tak in Moreletapark, Pretoria gestig. Agt bestuurslede is verkies om aan bepaalde behoeftes wat deur gemeenskapslede geïdentifiseer is, te voldoen.
Dié tak gaan werksaam wees in onder meer Bashewa, Bergsig, Blue Crane, Boardwalk, Boschkop, Buitengeluk, Camel Valley, Civale, Country Lane, Country View, Dombeya, Donkerhoek, Elandsfontein, Elarduspark, Geestveld, Grootfontein, Grootvlei, Hillside, Lombardy, Mooikloof Ridge, Moreleta, Nest Park, Olympus, Pienaarsrivier, Pretorius Park, Shere, Silver Stream, Silver Lakes, Six Fountains, The Meadows, Tierpoort, Tijgervallei, Tweefontein, Ventershof, Verresig, Waterlake, Woodhill, Zwavelskloof en Zwavelpoort.
Die takbestuur bestaan uit Rudi Engelbrecht (voorsitter), Wouter Cloete (ondervoorsitter en hoof van gemeenskapsveiligheid), Zelda Engelbrecht (sekretaris), Johan Welthagen (tesourier), Cedric Roos (hoof van plaaslikeregeringsake) en Allan Kriel (hoof van omgewingsake en jeug).

“Ek het volle vertroue in die pasverkose takbestuur en sien uit na die suksesse wat hulle gaan behaal. Die tak gaan hulle veral toespits op die uitbreiding en versterking van die AfriForum-veiligheidsnetwerk in die gebied,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

AfriForum versoek inwoners van die verskeie areas om dié AfriForum-tak te ondersteun. SMS jou naam na 45341 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings