AfriForum stig ’n buurtwag in Rondeberg-gebied


Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs sy eerste buurtwag in die Rondeberg-gebied gestig om misdaad te help takel. Dié nuwe buurtwag staan as die Rondeberg-buurtwag bekend en gaan binnekort ’n reeks veiligheidsopleiding ontvang.

Die buurtwag sal deel van AfriForum se Malmesbury-tak vorm. “AfriForum-buurtwaglede en -plaaswaglede teken ’n streng gedragskode om te verseker dat hulle te alle tye binne die raamwerk van die wet optree,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.
Kim Poulton, voorsitter van AfriForum se Malmesbury-tak, sê dat die veiligheid van alle inwoners vir die tak ’n prioriteit is en dat ’n wesenlike verskil deur goeie samewerking gemaak kan word. “Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en te help om die veiligheid van inwoners te bevorder.”

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak of -buurtwag betrokke: SMS “Plaaswag” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings