AfriForum stig ’n tak in Fochville


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 10 Mei 2018 ’n tak in Fochville gestig. Dit spruit uit gemeenskapslede se behoefte om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié dorp aan te pak.
Die takbestuur bestaan uit André van den Berg (voorsitter), Lukas Groenewald (ondervoorsitter), Bernadette Hall (sekretaris) en Jaco Van Der Merwe (tesourier).

“Ná afloop van ’n suksesvolle verkiesing sien ons uit na die projekte wat die nuwe takbestuur in 2018 gaan aanpak. Die tak skop dadelik af met deelname aan AfriForum se nasionale vullisterreinoudit wat gedurende Mei plaasvind,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die sentrale streek.

’n Tak word versterk deur die aantal lede wat daarvan deel vorm en AfriForum doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om by hierdie tak aan te sluit en ’n verskil in hul gemeenskap te maak. E-pos stephen.nel@afriforum.co.za indien jy wil aansluit.
 

Soortgelyke plasings