|

AfriForum stig ’n tak in Cradock

Ná verskeie versoeke uit die gemeenskap van Cradock is ’n AfriForum-tak op 13 Oktober amptelik op dié dorp gestig.

“AfriForum se veiligheidspan staan gereed om die inwoners van Cradock by te staan sodat hulle weer veilig kan voel en om daadwerklik ’n verskil in hul lewensomstandighede te maak,” sê David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder in die Oos-Kaap.

Olivier het tydens die vergadering ’n volledige oorsig oor die voordele en funksionering van AfriForum se veiligheidstrukture verskaf, wat geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring insluit.

Die bestuur van die tak is as volg verkies: Wayne de Beer (voorsitter), Jaco Mulder (ondervoorsitter), Liezl Rautenbach (sekretaris), Conrad Killian (tesourier), Andrew Jordaan (veiligheidsbeampte – landelike area) en Ivan Stock (veiligheidsbeampte – dorpsgebied).

“Ons wil dankie sê aan elke persoon wat aangebied het om Cradock se gemeenskap te help deur op die bestuur van AfriForum se Cradock-tak te dien. Ons sien uit na die pad vorentoe en om weer trots en eienaarskap in die gemeenskap te vestig saam met almal in dié Oos-Kaapse dorp,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid- en Oos-Kaap.

Raak vandag nog by AfriForum se Cradock-tak betrokke: SMS “Cradock” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings