AfriForum stig ’n tak in Polokwane

Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 28 Junie 2017 ’n tak in Polokwane (voorheen Pietersburg) gestig wat spruit uit die behoefte van lede van die gemeenskap om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié stad aan te spreek.

Die takbestuur bestaan uit Marius Grobler (voorsitter), Hannes Prinsloo (ondervoorsitter), en Denise Otto (tesourier en sekretaris). Plaaslikeregeringsake sal deur Erwin Haynes behartig word, met Leon Wilsenach en Leon Saayman as komiteelede. Dean Vickery sal omgewingsake hanteer, met Ruan Lottering en Jacques Saayman wat as komiteelede sal dien.

“Dit is goed om te sien dat die gemeenskap saam ’n positiewe verskil in Polokwane wil maak. Dit is ons plig as burgerregte-organisasie om ons regte op te eis en ’n daadwerkilike verskil in die gemeenskap te maak – daar waar die plaaslike regering versuim om hulle pligte na te kom,ʺ sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
“Ek doen ’n beroep op die Polokwane-gemeenskap om by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit,” vra Marius Grobler, voorsitter van dié nuwe tak.
 

Soortgelyke plasings