AfriForum stig ’n tak in Stilfontein


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 16 Mei 2018 ’n tak in Stilfontein gestig. Dit spruit uit gemeenskapslede se behoefte om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié dorp aan te pak.
Stilfontein het reeds ’n geruime tyd ’n AfriForum-buurtwag en die groeiende aantal AfriForum-lede het tot die besluit gelei om ’n tak op dié dorp te stig.
Die takbestuur bestaan uit: Pieter du Preez (voorsitter), Michael Beets (ondervoorsitter), Joanita Bremmer (sekretaris), Jackie Maritz (tesourier), Katjie van Niekerk (omgewingsake), Jonathan Fourie (plaaslikeregeringsake) en Kevin Fourie (jeugaangeleenthede).

“Die verkose bestuurslede is almal in die gemeenskap daarvoor bekend dat hulle nie huiwer om tot die welstand van Stilfontein by te dra nie. Daarom sien ons uit na wat hulle met die ondersteuning van AfriForum kan bemagtig,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistent­koördineerder vir die sentrale streek.

’n Tak word versterk deur die aantal lede wat daarvan deel vorm en AfriForum doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om by hierdie tak aan te sluit en ’n verskil in hul gemeenskap te maak. Stuur ’n e-pos aan stephen.nel@afriforum.co.za indien jy wil  aansluit.
 

Soortgelyke plasings