AfriForum stig 'n Vaalharts-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Maandag 10 September 2018 ‘n nuwe tak in die Vaalharts-besproeiingskema gestig.
Die takbestuur bestaan uit: Ruan Beukes (voorsitter), Brendon Fourie (ondervoorsitter), Wilhelm Steyn (tesourier), Cedric Muller (sekretaris), Wick Grobler (gemeenskapsveiligheid), Theo Joubert (plaaslikeregeringsake) en Drikus Jacobs (jeug).

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe bestuur en sien uit daarna om die tak na nuwe hoogtes te neem en die gemeenskap te dien,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

Om by AfriForum se Vaalharts-tak betrokke te raak, SMS “Vaalharts” na 32532 (R1).
 

Soortgelyke plasings