AfriForum stig Nuwerus-plaaswag in Matzikama


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n vierde plaaswag in die Matzikama-streek gestig om misdaad in dié gebied te help hokslaan. Die Nuwerus-plaaswag gaan vyf sektore patrolleer, naamlik Landplaas, Nuwerus, Biesiesfontein, die dorp Bitterfontein en die plase in die gebied. AfriForum gaan ook binnekort veiligheidstoerusting aan dié plaaswag oorhandig.
Ander AfriForum-plaaswagte in die Matzikama-streek sluit in Vredendal, Koekenaap en Lutzville.

“Die plaaswag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan. AfriForum-buurt- en plaaswaglede teken ’n streng gedragskode om te verseker dat hulle te alle tye binne die raamwerk van die reg optree,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Wilco Engelbrecht, hoof van die veiligheidsportefeulje by AfriForum se Matzikama-tak, sê dat die veiligheid van alle inwoners vir die tak ’n prioriteit is en dat ’n wesenlike verskil deur goeie samewerking gemaak kan word.

“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en te help om die veiligheid van die Matzikama-streek se inwoners te bevorder.”

SMS “Plaaswag” na 45353 (R1) om by jou naaste plaaswag aan te sluit.

Soortgelyke plasings