AfriForum stig Phalaborwa-buurtwag


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 6 Junie 2019 ’n buurtwag in Phalaborwa gestig. Dit volg nadat die gemeenskap ’n behoefte uitgespreek het om hulself te organiseer en om die plaaslike polisiestasie en sekuriteitsmaatskappye met misdaadbekamping in die omgewing by te staan.

Die buurtwag se bestuur bestaan uit Cobus Louw (voorsitter), Robin Amos (voorsitter: operasionele portefeulje) en Maria Kruger (sekretaris).

“Die doel van die nuwe buurtwag is om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se provinsiale koördineerder vir gemeenskapsveiligheid in Limpopo.
“Die Phalaborwa-buurtwagbestuur is baie opgewonde om die pad vorentoe saam met AfriForum te stap. Samewerking tussen verskillende instansies soos die GPF, SAPD en sekuriteits­maatskappye gaan baie belangrik wees om die gemeenskap meer weerbaar te maak,” sê Cobus Louw, voorsitter van die pasgestigte Phalaborwa-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings