|

AfriForum stig Robertson-buurtwag

Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 15 Augustus 2019 ’n nuwe buurtwag in Robertson gestig. Dít volg nadat AfriForum op 25 Julie 2019 ’n tak in Robertson gestig het.

“Dié buurtwag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die buurtwagbestuur bestaan uit Mark Heidmann (voorsitter) en Wilhelmina Nel (koördineerder). Ander AfriForum-buurtwagte in die nabye omgewing sluit die Worcester-buurtwag, wat al verskeie suksesse behaal het, in.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons buurtwag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van die polisie alleen laat rus nie; ons moet self betrokke raak,” sê Heidmann.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se veiligheidstrukture: SMS “Buurtwag” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings