AfriForum stig tak in Aliwal-Noord


Die burgerregtewaghond AfriForum het op 5 September ’n tak in Aliwal-Noord gestig en tydens die stigtingsgeleentheid ’n takbestuur verkies met Cecil Foster aan die stuur van sake as takvoorsitter.

“Die munisipaliteite in die Oos-Kaap is by verre die swakste bestuurde munisipaliteite in die land en inwoners van dié provinsie se regte word op verskeie terreine ondermyn,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Oos-Kaap. “Ek is baie opgewonde dat AfriForum ’n tak met ʼn volledige bestuur in Aliwal-Noord kon vestig. Dit sal tot voordeel van alle inwoners van die dorp strek,” sê van Dalen.
“Dié nuwe tak skep vir ons ’n platform om die plaaslike regering tot verantwoording te roep vir al die onregte wat teen die inwoners gepleeg word,” sê Foster, die tak se nuutverkose voorsitter.

Soortgelyke plasings