AfriForum stig tak in Brits


AfriForum het op 10 Julie 2019 ’n gemeenskapsveiligheid- en takstigtingsvergadering in Brits gehou. Die gemeenskap het die burgerregteorganisasie genader om ’n tak te stig nadat ’n groot behoefte ontstaan het rakende veiligheid in die omgewing. Nagenoeg 100 mense het die vergadering bygewoon waaruit die bestuur vir die nuwe tak verkies is.

Die nuutverkose bestuur van die Brits-tak bestaan uit: Dewald van Vuuren (voorsitter), Johan de Klerk (ondervoorsitter), Philip Riekert (tesourier) en Johan de Beer (sekretaris).
Die nuutgestigte tak beoog reeds om ’n buurtwag op die been te bring om die omgewing en inwoners te beveilig. Die bestuur nooi gemeenskapslede uit om hulle te kontak indien hulle by die buurtwag betrokke wil raak.

“AfriForum het die Brits-tak gestig omdat daar ’n behoefte in die gemeenskap was en ons wil graag help. Die nuwe bestuur wil graag ook saam met die gemeenskap werk om Brits op te hef en ’n veiliger plek vir almal te maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

AfriForum se Brits-tak nooi die gemeenskap uit om aktief by die tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings