AfriForum stig tak én buurtwag in Boksburg


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 6 Junie 2019 sowel ’n tak as ’n buurtwag in Boksburg gestig. Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede die behoefte aan ’n AfriForum-tak en -buurtwag uitgespreek het om die voortslepende munisipale probleme en die hoë misdaadvlak in dié dorp aan te pak.

Die takbestuur bestaan uit Helen Bergh (voorsitter), Shaun van Niekerk (ondervoorsitter), Oluff Bergh (tesourier), Joan Bergh (sekretaris), Jolandie Kotze (plaaslikeregeringsake), Charl Coetzee (omgewingsake), Christiaan Rass (gemeenskapsveiligheid) en Robyn Dwyer (jeug).
Die buurtwagbestuur bestaan uit Christiaan Rass (voorsitter), Charl Coetzee (koördineerder) en Alet Kloppers (bestuurslid).

“Die takstigting was ’n reusesukses en die gemeenskap is reeds ywerig om deel te raak en ’n verskil te maak. Volgens die bevolkingstudie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is Boksburg een van Gauteng se ankerdorpe en dus ’n belangrike gebied om in te belê,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.
“Ons is trots om deel te wees van ’n organisasie soos AfriForum en glo dat die stigting van ons buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Boksburg sal wees. Ek doen ’n beroep op Boksburg se gemeenskap om by die plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag aan te sluit,” sê Helen Bergh, voorsitter van AfriForum se nuutgestigte Boksburg-tak.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Boksburg” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings