|

AfriForum stig tak en buurtwag in Potgietersrus

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 September 2020 amptelik ’n tak en buurtwag in Potgietersrus gestig. Sowat 30 gemeenskapslede het die stigting bygewoon en die lede het ook by die buurtwag ingeskakel.

Die takbestuur bestaan uit: Hennie de Vos (voorsitter), Louis Loggenberg (ondervoorsitter), Ilze Labuschagne (tesourier), Yolundi Tromp (sekretaris), Robbie de Vos (omgewing- en plaaslikeregeringsake) en Robert Labuschagne (buurtwagvoorsitter).

“Ek wil die gemeenskap graag aanmoedig om by die tak en buurtwag betrokke te raak sodat ons saam kan werk om ’n verskil te maak. Die tak sal alles in sy vermoë doen om die regte leiding aan die gemeenskap te bied,” sê Hennie de Vos, voorsitter van AfriForum se Potgietersrus-tak.

“Dit is vir AfriForum belangrik om hoop vir die toekoms te skep. As die gemeenskap hande vat en die uitdagings in die dorp aanpak, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep. Ek glo die tak gaan met die gemeenskap se ondersteuning van krag tot krag gaan,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

“Gemeenskappe wat self verantwoordelikheid neem vir dienslewering, buurt- en plaaswagte wat binne die raamwerk van die wet optree en hande vat met ander organisasies om ’n ekosisteem van samewerking daar te stel en wat tegnologie benut om gestruktureerde buurtwagte te vestig, lei daartoe dat gemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan,” sê Andries Opperman, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog by AfriForum se tak- en buurtwagstrukture in Potgietersrus betrokke: SMS “Potgietersrus” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings