|

AfriForum stig tak in Fourways

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 12 Augustus 2020 ’n tak in Fourways gestig. Dié tak is reeds besig met beplanning om in die nabye toekoms ’n AfriForum-buurtwag op die been te bring.

Die takbestuur bestaan uit Wayne Pienaar (voorsitter), Kobus de Bruyn (ondervoorsitter), Tsitsi Sekgobela (tesourier) en Toni Wagenaar (sekretaris).

“Die nuutgestigte tak gaan daarop fokus om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Die takbestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Fourways” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings