AfriForum stig tak in noorde van Bloemfontein


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 29 Junie 2017 ’n tak in die noordelike woonbuurte van Bloemfontein gestig. Dít spruit uit die behoefte van gemeenskapslede van Noordhoek, Waverley, Bayswater, Heliconhoogte en die Wild Olive-landgoed om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié stad aan te spreek.
Die takbestuur bestaan uit Hannes de Beer (voorsitter), Hagen Binding (ondervoorsitter), Yvonne Binding (tesourier) en Lizelle Olivier (sekretaris). Plaaslikeregering- en omgewingsake sal deur Cobus Coetzee behartig word en veiligheid deur Eben van Zyl.

“Dit is goed om te sien dat die gemeenskap saam ’n positiewe verskil in hul woonbuurte wil maak. Dit is ons plig as burgerregte-organisasie om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak waar die plaaslike regering versuim om hul pligte na te kom,ʺ sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit,” sluit Myburg af.

Raak vandag betrokke: SMS “Bloemfontein-Noord” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings