AfriForum stig tak in Richardsbaai


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n tak in Richardsbaai gestig. Dit volg nadat gemeenskapslede die behoefte uitgespreek het om deel van AfriForum se gemeenskap­strukture te raak om onder meer veiligheidskwessies aan te pak.

Die takbestuur bestaan uit Ian Rapson (voorsitter), Jannie Roos (ondervoorsitter), Nico Yiannakokis (sekretaris), André Griebenaun (tesourier), Rudi van der Watt (omgewingsake), Jaco Viljoen (plaaslikeregeringsake), Pieter Brits (veiligheid) en Cindy de Villiers (jeug).

“Ek kan eerlik sê ek is trots daarop om ’n verteenwoordiger van AfriForum, ’n organisasie wat soveel klem op die welstand van Suid-Afrikaners plaas, te wees. Noudat die tak gestig is, het ons die fondament gelê – al wat nou oorbly is om daarop te bou. Ek moedig almal in die Richardsbaai-omgewing aan om in te skakel en te begin bou,” sê Ian Rapson, voorsitter van AfriForum se Richardsbaai-tak.
“Die Richardsbaai-tak is ’n platform vir gemeenskapslede wat self verantwoordelikheid wil neem om hul dorp op te hef en te beveilig. Ek doen ’n beroep op die gemeenskap van Richardsbaai om by dié AfriForum-tak aan te sluit en ’n bydrae te maak,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Raak vandag by die nuwe tak betrokke: SMS “Richardsbaai” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings