AfriForum stig tak in Rustenburg


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 11 Julie 2017 ’n nuwe tak in Rustenburg gestig.
Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede ’n behoefte aan ’n AfriForum-tak uitgespreek het om die voortslepende gebrek aan munisipale dienslewering in dié dorp aan te spreek.
Die takbestuur bestaan uit Chris Trytsman (voorsitter), Johann Schoeman (ondervoorsitter), Koos Bronkhorst (tesourier), Jeanette Little (sekretaris), Charnè Blignaut (omgewingsake), Johan de Klerk (veiligheid), Piet Botha (plaaslike regering) en Jeanette Little (jeug).

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-tak in Rustenburg ’n keerpunt in die geveg teen munisipale wanbestuur is,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.
“Dis tyd dat die gemeenskap self verantwoordelikheid neem en vir hulle regte opstaan. Ek doen ’n beroep op die Rustenburg-gemeenskap om by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit,” sê hy.

 

Soortgelyke plasings