AfriForum stig tak in Waverley


Die burgerregtewaghond AfriForum het op 1 Maart ’n tak in Waverley gestig en tydens dié stigtingsgeleentheid ook ’n takbestuur verkies.
Hendrik van der Westhuizen is tot die nuwe takvoorsitter verkies.

“Die takstigting was ’n sukses en die gemeenskap is reeds ywerig om ’n verskil te maak. Dr. Dirk Hermann het ook tydens hierdie geleentheid die gemeenskap oor die Afrikaner en die Helpmekaar-beweging toegespreek,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distriks­koördineerder vir Gauteng-Noord.

Dié nuwe tak skep vir die gemeenskap ’n platform om die plaaslike regering tot verantwoording te roep sou hulle hul verpligtinge versuim.

Soortgelyke plasings