|

AfriForum stig teenrassisme-eenheid

’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig. ’n Verslag getiteld Confronting racism consistently is ook by die geleentheid bekend gestel.

Soortgelyke plasings