AfriForum stig twee nuwe veiligheidstrukture in die Matzikama-streek


Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs die Trawal-plaaswag en Lutzville-buurtwag in die Matzikama-streek gestig.

Die Vredendal-, Koekenaap-, Lutzville- en Nuwerus-plaaswag vorm reeds deel van AfriForum se veiligheidstrukture in die Matzikama-streek. “Ons doel met hierdie plaaswagte is om die gemeenskap tydens noodgevalle in samewerking met die SAPD en ander plaaslike veiligheidsinstansies  by te staan,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.
Wilco Engelbrecht, hoof van die veiligheidsportefeulje by AfriForum se Mazikama-tak, sê dat die veiligheid van alle inwoners vir hulle ’n prioriteit is en dat ’n wesenlike verskil deur goeie samewerking gemaak kan word. “Ons is tans besig om nóg plaas- en buurtwagte in die Matzikama-streek te stig en moedig die gemeenskap aan om by die bevordering van veiligheid in ons omgewing betrokke te raak.”

SMS “Plaaswag” na 45353 (R1) as jy betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings