|

AfriForum stig Welbekend-buurtwag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 21 September 2019 ’n nuwe buurtwag in die Welbekend-area gestig. Díe buurtwag vorm deel van die Moreletapark-tak en is deel van drie ander AfriForum-buurtwagte in die area.

“Dié buurtwag gaan die gemeenskap in tye van nood in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies bystaan,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineer­der vir Groter Pretoria.

Die buurtwagbestuur bestaan uit Sunette du Toit (voorsitter) en Vic Benade (koördineerder).

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van die buurtwag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad slegs op die skouers van die polisie laat rus nie, ons moet self betrokke raak,” sê Grobbelaar.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings